Springkaanplaag in Zambezistreek bevestig (Agri Monitor)
Die ministerie van landbou, visserye, water en grondhervorming het die uitbreking van ’n sprinkaanplaag in die Zambezistreek bevestig.
Die sprinkane in hierdie streek is tans in die jong, voetgangerstadium. Volgens berigte het die uitbreking vroeg in Februarie begin, ná aansienlike reënval in die streek.
Die sprinkaanswerms is opgemerk in die weivelde langs die vloedvlaktes van Ibbu naby die Choberivier, asook in die gebiede van Sachona, Lubuta, Singalamwe, Omega, Chinchimane, Kanono, Batabaja, Muyako Ngala, Mahundu en Seke.
Die teenwoordigheid van groen plantegroei oor groot gebiede in die noordoostelike, noord-sentrale streke en tot ’n mate in die naburige Zambië, Botswana en Angola, skep steeds gunstige toestande vir sprinkaanplae.
Sprinkaanplae word tipies veroorsaak deur 'n kombinasie van gunstige weerstoestande, veral swaar reënval na ’n tydperk van droogte, volgens die landbouministerie.
In reaksie op die uitbreking is ’n span van 10 personeellede van die ministerie in die Zambezistreek ontplooi om die sprinkaanverspreiding te bestuur en te verminder. Die beheerpogings is aan die gang met behulp van gemonteerde spuittoerusting op voertuie.
Die ministerie sal voortgaan om die geraakte gebiede te ondersoek en doen derhalwe ’n beroep op boere om enige waarnemings van sprinkaanswerms by die naaste landbou-ontwikkelingsentrum aan te meld vir onmiddellike aandag.
Die kabinet en die ministerie van landbou, visserye, water en grondhervorming het reeds begin April gemaan om die moontlike uitbreking van insekplae. Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, het tydens die eerste kabinetsaankondiging gesê die kabinet het ook die ministerie van verdediging en veteranesake opdrag gegee om die nodige lug- en ander bystand te verskaf wat nodig is om die uitbreking van die sprinkane in die land te beheer,.
Verlede jaar het rooi treksprinkane in sommige dele van die Zambezistreek se riviergebiede, asook in die Ohangwenastreek voorgekom.