Grootfontein Skou lok meer as 4 000 besoekers

Meer as 4 000 mense het vanjaar se Grootfontein Skou bygewoon, wat op landbou en gemeenskapsbetrokkenheid gefokus het.

Die beesskou was een van die hoogtepunte, met verskeie telers wat hul beste genetika ten toon gestel het.

Christo van Zyl, die tegniese adviseur van Voermeester en een van die beesbeoordelaars, sê die gehalte van die ingeskrewe diere was uitstekend.

Die seleksie van diere het reeds 4 tot 5 maande gelede plaasgevind, waarna hulle deurlopend twee tot drie keer per dag gevoer moes word. Daarbenewens is daar die hantering en die makmaak van die diere, selfs die voorbereiding sodat hulle gewoond raak aan alles wat by ’n skou gebeur.

“Ons moet werklik ons dankbaarheid teenoor ons telers uitspreek vir die toewyding wat hierin gegaan het. Ook vir hul bereidwilligheid om die diere te vervoer, tyd in die dorp te kom deurbring en selfs om die ontwrigting op hul plase en in hul huise te aanvaar.

“Die werkers wat saamgaan, lewer ook ’n groot bydrae. Dit alles verg opoffering en toewyding en daarvoor is ons baie dankbaar,” het hy gesê.

Advertisments