Sukses onder moeilike omstandighede
“Jy kan nie jou plaas verander nie, maar jy kan jou genetika verander,” is vir Christo van Zyl, Voermeester se tegniese adviseur, ’n sêding wat Hardus Breedt, die eienaar van Rumba Boerdery in die Grootfontein-omgewing, lewend maak.
“Hardus en sy familie het in ’n moeilke wêreld gaan boer, maar ten spyte van sy omstandighede het hy sy genetika bevorder en ’n sukses van sy boerdery gemaak.
“Die Breedt-familie word nie onderdruk deur omstandighede en moeilike uitdagings nie.
“Daarmee saam het Hardus ’n ongelooflike passie vir boer. Toe daai bul in die gang afkom, was hy oorweldig met emosies, want hy verloor ’n ongelooflike dier wat deel van sy familie geraak het,” sê Van Zyl
Op Dinsdag 21 Oktober was die stampvol Bank Windhoek/Agra Veilingsring tydens die Hollard Sim Xtravaganza met applous en emosie gevul toe die afslaer Henno Badenhorst die bod vir die simbrabul Kelloggs op N$650 000 toegeslaan het.
Paul Klein, die uitvoerende bestuurder van Agra Veilings, het gesê dit is ’n rekordprys vir ’n simbrabul in Namibië.
TOPGENETIKA BLY IN NAMIBIë
Die koper is die plaaslike boer Bonnie Nieuwoudt (Ndjamo Energy (Pty) Ltd) wat die Bonbenic Simbra-stoet besit.
“Ons is tot ’n sekere mate verlig dat die bul in Namibië bly en vir die Namibiese stoetbedryf beskikbaar sal wees.
“As jy daardie bul sien, wil jy hom graag hê en ons almal – telers en koper – sien uit om die kalwers op die grond te sien, sy nageslag te sien uitgroei en ons vertrou dat Kelloggs gaan produseer dit wat hyself is,” sê Klein.
Volgens Klein en Van Zyl het Rumba Kelloggs reeds as jong kalf opslae by verskeie skoue gemaak en dit het ’n hoogtepunt in 2025 bereik toe die bul as die Kampioen van Kampioene by die Grootfontein Skou en interraskampioen by die Windhoek Skou aangewys is en uiteindelik die rekordprys behaal het.
“My krag kom van God af. Hy is my Alfa en Omega. Al my besluite wat ek neem en Hom vra, word suksesvol.
“Van plaaskoop tot alles waarvoor ek die Here vra, is ’n sukses; alles waarvoor ek nie vra nie en self doen, is nie suksesvol nie, want die Here sê: ‘Jy het my nie gevra nie’,” vertel Breedt telefonies die dag ná die veiling vanaf die Ferreira-kwekery waar hy gesukkel het om tred te hou met al die gelukwensings.
AAND VAN DIE VEILING
“Dit wil nog nie heeltemal insink nie, ek voel nog verward. Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het nooit in my wildste drome gedink dit sal N$650 000 bereik nie.
“Stilletjies, diep binne my, het ek vir N$300 000 gehoop, en ek het rêrig gevoel Kelloggs is dit werd. Maar ek het alles aan die Here oorgelaat en geglo. By N$400 000 was dit heeltemal onverwags en toe gaan dit oor die N$500 000!
“Toe word ’n lewenslange droom van my waar, want ek wou nog altyd ’n bul teel wat daardie prys kan behaal. Alles waarvoor ’n mens bid en vra, meer as wat ek gevra het, het die Here vir my gegee.”
Van Zyl sê: “Die man het ’n absolute, Godgegewe vermoë om te weet watter diere jy met mekaar moet paar. Daar is baie boere wat diere vermeerder, maar min wat dit geneties laat vorder.
“Hardus boer met sy oog en gevoel vir die diere, nie net met sy syfers nie. Baie van sy diere het nie noodwendig fenominale syfers nie, maar is goeie aanpasbare diere.”
BEDANKINGS
Vir Hardus is dit altyd moeilik om dankie te sê, want daar is soveel mense wat betrokke is.
“Die grootste fout wat ’n mens kan maak, is om te dink ek het dit alleen gedryf. Dit is ’n spanpoging. My plaaswerkers, kinders en vrou wat saam met my boer en natuurlik God,” sê Hardus.
Hy het die landboumedia vir die blootstelling bedank, spesifiek vir Martinique Scott van Real Time Agri Marketing, Elvira Hattingh van Agriforum, Charl van Rooyen van Landbouweekblad en Agri Monitor se Jacques du Toit.
Hy het ook onder meer vir Agra-veilings vir ’n uitstekende veiling bedank asook Voermeester wat al ’n lang pad saam met hom en sy boerdery stap en Molatek.
“Ons stoetboere het ’n verpligting aan die land. Ons móét goeie genetika vir stoet en kommersiële boere teel, veral met die nuwe abattoirs wat oopmaak, want hulle moet goeie kwaliteit vleis na die buiteland kan uitvoer.
“Ons het nou vir Kelloggs verkoop want die tyd was reg, en nou gaan ons weer na God om vir Hom te vra wat die volgende plan is,” het Breedt ter afsluiting gesê.
– jacques@nmh-hub.com.na