Werkers by Stampriet Skou ‘lewer ’n ongelooflike diens’

Die pas afgelope Stampriet Skou was ’n groot sukses danksy Namibia Livestock Auctioneers se uitstekende organisering en die hulp van talle borge.

Maar geen skou kan suksesvol wees sonder die werkers wat al lank voor die tyd met voorbereidings begin en gedurende die skou hard werk nie.

Dis lang ure en harde werk, maar oral waar ’n mens gekyk het, was die oranje hoedjies van Voermeester sigbaar soos die werkers flink rondhardloop om te verseker die weeklange skou het vlot verloop.

“Ons het op Sondag 31 Augustus ’n werkersdinee gehad in samewerking met Hollard wat voorgereg, nagerg en ’n koeldrank vir die 120 werkers geborg het.

“Baie dankie aan Hollard wat dit moontlik gemaak het en baie dankie aan die werkers, want sonder hulle sou dit nie moontlik wees nie. Hulle het die afgelope vier tot vyf maande hard gewerk en lewer ongelooflike diens aan die boere en die bedryf,” het Gert van Wyk gesê.



QR Code web link: https://q.my.na/7MN6

QR code image: https://q.my.na/uploads/images/7MN6.png

QR code caption: Skandeer en kyk na die dinee

Advertisments