Topgehalte beeste, kleinvee beloof by Grootfontein Skou
Een van die landbougemeenskap se hoogtepunte op hul kalender breek volgende week aan wanneer Grootfontein van 15 tot 19 September die platform vir beide die bees- en kleinveeskou bied.
Boere en skougangers kan uitsien na vier dae van topgehalte diere, insluitend ’n vol program van beeskompetisies, skaap- en bokklasse, kampioenskappe, kostuumklasse en parades.
Met aktiwiteite wat wissel van formele keuring tot gesellige braaie, beloof die skoue om die beste van Namibië se veeboerdery bymekaar te bring.
Beesskou-hoogtepunte:
• Maandag 15 September: Beeste word om 17:00 in die stalle geplaas
• Dinsdag 16 September: Kontrolering van skoudiere deur die bestuur om 10:00, gevolg deur ’n bring-en-braai om 19:00
• Woensdag 17 September: Die amptelike kompetisies begin met die vertoning van braunvieh (09:00), limousin (10:30), simbra (14:00), charolais, boran en angus (15:30). ’n Parade voor die hoofpawiljoen vind om 17:00 plaas.
• Donderdag 18 September: Simmentalers (09:00), dexters (10:30) en brahmane (14:00) word vertoon. Die dag sluit af met ’n kostuumklas met ’n sirkustema om 18:00 en ’n telers-se-braai om 19:00.
• Vrydag 19 September: Die finale dag behels die Klub 300 Algemene Jaarvergadering (07:30), gevolg deur spesiale klasse soos die Select Cow Class en Koei/Kalf-klas (10:00), asook interrasbeoordeling (10:30). Die skou sluit af met kindertouleiers (14:30), touleiers (15:00) en die groot beesparade met die prysuitdeling om 16:00.
Kleinveeskou-hoogtepunte:
• Woensdag: Junior boerbokooi-klasse lei die dag (08:00) in, gevolg deur damaraskaapooie en ramklasse met kampioenskappe (11:00). Boerbok/savannah-klasse loop deurlopend. Die dag sluit af met ’n kostuumklas (sirkustema) (16:00), die amptelike opening en veeparade (16:30), en ’n telers-se-braai (19:00).
• Donderdag: Van Rooy- junior en senior ooie- en ramklasse begin (09:00), gevolg deur persie- junior en senior ooieklasse. Ná middagete (13:00) volg persie- junior en senior ramklasse en Veldmaster- junior en senior ooie- en ramklasse (14:00).
• Vrydag: Die finale dag behels die boerbok- en savannakampioenskappe (10:00), asook die skaapraskampioenskappe. Ná middagete (13:00) volg die interraskampioenskappe en die prysuitdeling (14:00).
QR Code web link: https://q.my.na/6A3V
QR Code image: https://q.my.na/uploads/images/6A3V.png
QR Code caption: Skandeer om die programme te kyk inkluis perde