Alle paaie lei na Nampo 2025 (Agri Monitor)
Die organiseerders van immergewilde Nampo-landbouskou by Bothaville in die Vrystaat sê die reën was enig in sy soort, maar Nampo 2025 gaan steeds voort en besoekers word hartlike verwelkom.
“Ons is besig om Nampo-park reg te ruk vir 13 tot 16 Mei. Die park lyk mooi, die teerpaaie is oop, en daar is net een week om te gaan.”
Agri Monitor gaan die skou bywoon en die Namibiese vlag hoog wapper saam verteenwoordigers van Enjoy en Syneri.
Ons gaan die langpad al die pad Bothaville toe gerieflik ry met ‘n Toyota Quantum Crew Cab-bussie, geborg deur Pupkewitz Toyota en brandstof verskaf deur Go Agra-geriefswinkels.
Ons is uitgevat in klere van Agra Safari Den, Pure Plaas en eg Namibiese velskoene en ander leerprodukte van Shilongo Leather Works. Ons ander borg is Pick n Pay.
Hierdie grootste en invloedrykste landbouskou in die Suidelike Halfrond bied soos oudergewoonte vir produsente, landbou-ondernemings en diensverskaffers 'n platform om by een ligging mekaar te ontmoet, saam te werk, sake te doen en by mekaar te leer. Hier kan besoekers idees uitruil en insig kry oor die nuutste tegnologie en praktyke, wat wissel van klimaatslim praktyke tot presisielandbou.
Met meer as 900 uitstallers by Nampo, kan besoekers - hetsy boere of nie - na 'n verskeidenheid van Vanjaar se Nampo Oesdag - die 57ste aanbieding van hierdie vlagskipgeleentheid - se tema is: "Globale landbou, plaaslik!"aanbiedinge uitsien.
"Namate voedselsekerheid, insetkoste en produksiedoeltreffendheid toenemend belangrike gesprekspunte in landbou word, voorsien Nampo 2025 aan produsente die gereedskap, tegnologie en verhoudings wat hulle nodig het om hierdie ingewikkelde landskap met selfvertroue te navigeer," lui 'n verklaring van die organiseerders, Graan SA.
"Produsente verstaan dat hulle nie in isolasie boer nie. Wat wêreldwyd gebeur - of dit vernuwing, handelsvloei of klimaatsverandering is - beïnvloed wat plaaslik gebeur. Nampo bied toegang tot globale landbou op een plek, met oplossings wat onmiddellik toepasbaar is. Dit bly die uiteindelike eenstopgeleentheid vir enige ernstige rolspeler in die landbousektor," sê dr. Dirk Strydom, besturende direkteur van Nampo.
OU GUNSTELINGE
Bekende trekpleisters keer terug om die Nampo-dae op te kikker. Die Standard Bank 4x4-baan en African Group Lubricants Adventure Track beïndruk steeds met aksiebelaaide demonstrasies van voertuie, sy-aan-sy en kwad-roetes.
Die saadpersele aan die oostekant van die terrein bied 'n blik op die nuutste graan-, voer- en weidingsvariëteite van voorste saadmaatskappye.
Die gewilde Nasie in Gesprek-reeks bring plaaslike en internasionale rolspelers bymekaar vir gesprekke oor aktuele landboutemas. Hierdie sessies word regstreeks opgeneem en aanlyn uitgesaai vir breër toegang.
Die Transvaalse Landbou-unie (TAU) Veevoer Vee-arena is weer 'n hoogtepunt, met amper al die geregistreerde rasgroepe van groot- en kleinvee teenwoordig, en sluit beeste, skape, varke en bokke in. Daaglikse stamboekparades sal plaasvind met streng biosekuriteitsprotokolle vir 'n veilige, insiggewende ervaring.
Nampo spog vanjaar met 'n hele paar nuwighede vir besoekers.
LEKKER, LEKKERDER,
LEKKERSTE KOS
Die Syngenta Boerekos Plaaskombuis open weer sy deure by Nampo en vanjaar is dit groter, beter en lekkerder as ooit. Geniet restaurantgehalte-disse teen bekostigbare pryse, met topgehalte vleis en pluimvee van vyf gekose verskaffers. Die spyskaart is saamgestel deur Arina du Plessis, redakteur van Boerekos en word voorberei deur die span van The Roots Academy van Potchefstroom.
GRAAN SA MUSEUM
Stap in die ryk nalatenskap van Graan SA en die Nampo Oesdag by die nuut onthulde Graan SA Museum. Die museum, geleë aan die westekant van die park, vertel die reis van die organisasie en Nampo se transformasie oor die jare. Dit is 'n moet-sien vir almal wat die wortels van graanproduksie wil eer.
VROUEPROGRAM
Agter elke boer staan 'n sterk boervrou en vroue word ook beloon met die gewilde vroueprogram wat met glans en styl terugkeer. Geleë langs die teetuin, bied dit oggende vol bekendes, musiek, motiveringspraatjies, en heerlike kos deur bekende sjefs aan. 'n Stap deur die Starke Ayres-kruietuin lei besoekers na die lokaal, terwyl kinders veilig onder toesig kan speel in die nabygeleë speelpark.
KAMERS MAKERS
Die gewilde Kamers Makers-mark sluit vanjaar by Nampo aan met 'n keurig saamgestelde 200 vierkante meter-uitstalling van plaaslike, kreatiewe talent en vakmanskap met van handgemaakte kuns tot leefstylprodukte.
BEWEEG ROND
Die Mieliehop-pendeldiens ry daagliks tussen Bothaville en Nampo-park, met bykomende langafstanddienste vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe by Johannesburg en omliggende dorpe - ideaal vir plaaslike én internasionale besoekers.
Century Avionics se lughawe-sitkamer verwelkom lugreisigers by die noordelike kant van Nampo-park, en daar is 'n pendeldiens na hek 3 beskikbaar.
Binne Nampo-park is daar nege trekkerwaens wat verskeie roetes dek en besoekers gerieflik tussen uitstallings vervoer. Vanjaar is daar vier ekstra bushaltes bygevoeg vir nog beter toegang tot die hele terrein.
Namibiërs wat Nampo wil bywoon, koop jou kaartjies vandag nog by www.opentickets.co.za. Hekke open daagliks om 07:00 en sluit om 17:00.
NAMPO-TOEP
As jy nie die skou bywoon nie, Agri Monitor is daar om jou regstreeks van die jonste landbounuus in te lig, of laai die Nampo-toep af by https://download.nampoapp.co.za/.
Die Nampo 2025-toep is makliker as ooit om te gebruik. Met verbeterde funksies en slim navigasie kan jy nou meer as 900 uitstallers verken, hul liggings sien, en jou roete deur die terrein met gemak beplan. Boekmerk jou moet-sien-geleenthede, verken die terrein in 3D, kry al die inligting, die jongste video's en navigeer na stalletjies.
“Ons sien uit om jou te verwelkom,” sê die organiseerders.
- francoise@nmh.com.na